Met Huisgenoot Blokraaie no. 34 is dit jóú tyd: tyd vir ontsnap, tyd vir ontspan, tyd vir niksdoen terwyl jy tog iets doen! In hierdie bielietydskrif kry jy méér van alles – méér groot blokraaie, fotoblokraaie, blitsblokraaie, koderaaisels, breinknopers en anagramblokraaie. Verlustig jou hierdie somer in 205 heerlike raaisels uit die boonste rakke!
Laat Huisgenoot Blokraaie no. 35 se lekker leidrade jou lei na ’n ontspanne, breinfiks jy. ’n Goeie dosis blokraaie is net wat jy nou nodig het! Gee jou grysstof ’n hupstoot met hierdie puik versameling groot blokraaie, fotoblokraaie, koderaaisels, breinknopers, anagramblokraaie, blitsies en sudoku’s.