Vind ál die heerlike wegkruipwoorde in Huisgenoot-Woordsoek no. 12 en bou só jou woordeskat, algemene kennis en spelvermoë. Hier’s hope pret vir oud en jonk!
Laat koderaaisels jou tone omkrul van lekkerte? Koderaaisels Mini no. 4 het ’n hele klompie nuwe woord-uitdagings vir jou. Jy sal nie maklik kan ophou as jy eers begin het nie. Pak dié klein boekie in jou sak en neem die kodepret saam waar jy ook al gaan.
Is jy versot op sudoku? Huisgenoot se sakpas grootte Sudoku Mini no. 3 is propvol logika-oemf, en klein genoeg om in jou sak te glip. Vul dié raaisels in op die vliegtuig, in die bus of terwyl jy wag. Of span daarmee uit oor ʼn langnaweek of vakansie.
Vat die spoor van meer as 1 500 wegkruipwoorde in ons mooie taal en kom meer te wete oor alles en nog wat. Met Huisgenoot-Woordsoek no. 13 gee jy al soekende jou woordeskat, algemene kennis en spelvermoë ’n hupstoot. Hou ook die kinders konstruktief besig met 20 bladsye prettemas spesiaal vir hulle.
Wonderlik! Dis weer woordsoektyd! Met Woordsoek Mini no. 4 rits ons die wêreld vol. Kom al soekende saam na Namibië, die Aussies, Heidi se land, die Galápagos-eilande en al die ander wêrelde waarheen woorde jou kan neem. Glip dié klein boekie in jou sak vir wanneer jy strand toe gaan, in ʼn ry moet gaan staan of iewers vir iemand…