DIE BABBLEBENDE BOEK & PALOEKA POP
R350.00
Beskrywing
Geniet die prettige, leersame stories van Huisgenoot se aanlyn kinderprogram, Die Babbelbende, nou in ’n wondermooie leesboek propvol pragtige illustrasies. Laat dit aan die parmantige kameelperd Palawa, die liefdevolle leeu Paloeka, die gawe Bibi en die opgewekte verslaggewer Ben oor om jou kinders se vrae oor alles en nog wat te beantwoord. Die Babbelbende vertel wat bote laat dryf, hoe slange seil, hoekom Tafelberg so plat is, hoe flieks gemaak word, hoekom almal verskillend lyk en tale ander vrae wat die jongspan laat wonder.
PALOEKA – POP UIT DIE BABBELBENDE
Paloeka is die liefdevolle leeu wat verskyn in Huisgenoot se aanlyn kinderprogram Die Babbelbende. Kinders kan dié prettige, leersame videoreeks op huisgenoot.com kyk en ook weekliks in Huisgenoot stories lees oor die oulike groepie maats en hul interessante avonture en al die dinge wat hulle leer. Hierdie leeupop sal enige kinderhart bly maak. Kyk die reeks, lees die stories – en bring vir jou kind vreugde met hierdie oulike Paloeka-pop!