Die Vredefortkoepel

R15.00

Wenslys
Wenslys

Beskrywing

Vanuit die ruimte het ’n voorwerp so groot soos Tafelberg gekom en in ons eie wêrelddeel in die aarde ingeploeg met ’n brute krag wat ons hele planeet geskud het. Dit het net ’n ent suidwes van die teenswoordige Johannesburg gebeur en binne vier minute is die aangesig van die aarde vir ewig verander.
Die aanwysing ’n tyd gelede van die oorblyfsels van daardie kataklismiese botsing as Suid-Afrika se sewende Wêrelderfenisgebied is allerweë verwelkom. Dit staan bekend as die Vredefortkoepel. Reis in hierdie artikel saam na hierdie fassinerende terrein wat uit ’n ontsaglike wêreldramp ontstaan het.
7 Bladsye