HET JY GEWEET? ONS LIEFLIKE PLANEET
R65.00
Beskrywing
Die Aarde is die mooiste planeet onder die seun! Ons lieflike planeet is ‘n tydskrif vir kinders wat waardering skep vir ons besonderse blyplek terwyl dit ons ook bewus maak van die gevaar waarin ons planeet verkeer. In die jongste uitgawe in Huisgenoot se gewilde Het jy geweet?-reeks kan kinders hulle verstom aan die Aarde se hoogste berge en diepste grotte, sy waterryke gebiede en dor woestyne, sy groen plekke wat lewe onderhou en woeste natuurkragte wat groot vernietiging kan meebring. Ons ondersoek ook die skade wat mense se bedrywighede ons planeet berokken en deel nuttige wenke om groen te leef. Verder sit ons inspirasie uit die voorbeeld van jong eko-helde wat wys hoe elkeen – groot én klein – sy deel kan doen om ons lieflike planeet op te pas. Prys: R65