HET JY GEWEET? ONTDEK DIE RUIMTE
R72.00
Beskrywing
Ontdek die ruimte – die nuutste uitgawe in Huisgenoot se gewilde Het Jy Geweet?-reeks vir kinders – is propvol fantastiese feite, asemrowende foto’s en plesierige grappies wat van ’n ander wêreld is!
Die ruimte is ’n wonderlike plek en is vol wonderlike dinge – ontploffende sterre, gulsige swartkolke, vuurwarm bloureuse, krimpende witdwerge en tollende planete.
In dié tydskrif kom jy meer oor al hierdie verskynsels te wete, en kan jy ook meer uitvind oor aardige ruimtekos en ruimtetoilette, monstervuurpyle asook die mense en diere wat al die ruimte besoek het en daar woon.
Noudat die wêreld op die punt staan om terug te keer maan toe – met Mars wat kort daarna wink – is daar nie ’n beter tyd om die ruimte saam met Huisgenoot te ontdek nie.
Maak dus jou sitplekgordel vas, sit jou helm op en trek saam met ons weg op ‘n ongelooflike reis!