Uitverkoping!

HUISGENOOT BAKBOEK WENRESEPTE

R100.00

Wenslys
Wenslys
SKU: HG-9078 Kategorie:

Beskrywing

Soete verleiding vir elke geleentheid, vir verjaardae, feesdae en elegante teepartytjies.

Met resepte wat in almal se smaak sal val, van allerdaagse koekbrode, muffins en koekies, tot onweerstaanbare vrugtekoeke, verleidelike bruintjies, kolwyntjies, gevulde pannekoek en roompoffertjies. Daar is ook koeke wat in die mikrogolfoond gebak word, gesonde maar heerlike koeke en gebak met ‘n lae GI-waarde. Vir die pure lekkerte word internationale gunstelinge soos panforte, stollen, bienenstich, balava en frangipane ook ingesluit.

  • meer as 230 flatervrye resepte
  • van tradisioneel tot nuut en innoverend
  • versiersels en vulsels
  • wenke en variasies
  • volledige tabelle met foute wat in gebak kan voorkom en hoe om dit uit te skakel
  • ‘n professionele gids tot die bestanddele en toerusting nodig vir suksesvol bak
  • alle resepte is dubbel en dwars getoets
  • pragtige volkleur foto’s deurgaans