HUISGENOOT KOEBAAI KILO’S
R59.00
Beskrywing
Staan daardie vetrolletjies wat stilletjies in die wintermaande saamgepak het tussen jou en jou somerrok of swembroek? Koebaai Kilo’s is propvol raad vir die afskud van die ekstra kilo’s sodat jy weer gemaklik in jou vel kan voel. In dié tydskrif kan jy kies tussen agt eetplanne – almal deur dieetkundiges uitgewerk. Ons het ’n eetplan vir elke smaak – daar’s die koolhidraatdieet vir mense wat hou van brood, pasta en aartappels, ons bekyk die verskillende maniere waarop jy onderbroke kan vas – onder meer die 5:2-dieet – daar’s ’n ketodieet vir vleisliefhebbers en selfs ’n kuldieet waarmee suikertande gewig kan afskud! Die tydskrif bevat ook 40 maklike tuisoefeninge. Elke oefening word stap vir stap verduidelik en sal die vetjies help wegsmelt. Voeg daarby die hope wenke en inspirasie in Koebaai Kilo’s en jy maak in ’n kits daardie kopskuif om gesonder te leef! Prys: R59