HUISGENOOT RUGBY 2023

R80.00

Kategorieë: ,

Beskrywing

Dis weer daai lekker tyd – dis Wêreldbekertyd wanneer Suid-Afrika soos een man agter die manne­ in groen-en-goud staan. Vang saam met ons gees met ’n kykie op rugby se pad tot hier, ons vorige Wêreldbekeroorwinnings, ons helde en al die aksie wat wag. Lees oor ons helde se Wêreldbekerherinneringe, die rekords, spesiale rugbystaaltjies en kry ook heerlike raaisels en resepte.