HUISGENOOT RYS & PASTA
R42.00
In Stock
Beskrywing
Die rys- en pastageregte in Huisgenoot se Rys & Pasta-resepteboekie is maklik en wonderlik as jy trooskos nodig het of die rande moet rek om baie mae te vul. Beproef die tamatie-en-basilie-risotto, gekrummelde driekaas-lasagnedriehoekies, hoenderpilaf, sampioen-en-ricotta-macaroni, paella, kerriegarnaalpasta en nog vele meer! Jy sal gek wees oor die verskeidenheid!