HUISGENOOT SUDOKU MINI

R52.00

In Stock

SKU: HG-9044 Kategorie:

Beskrywing

Hierdie gewilde logikaspeletjie is vir almal wat hul brein fiks wil hou en heerlik besig wil bly. Huisgenoot se nuwe sakpasgrootte tydskrif Sudoku Mini bevat 48 klassieke sudoku’s asook kleiner sudoku’s vir beginners. Ons sluit ’n klompie opwindende variasies in – daar is sudoku’s wat syfers en letters kombineer, sudoku’s met slegs letters wat ’n woord vorm, raaisels waarin jy vyf sudoku’s wat oorvleuel gelyk moet oplos, sudoku’s waar jy saam met die uitwerk van die raaisel ook plussommetjies moet maak, asook legkaartsudoku’s. Hou hierdie klein boekie met sy heerlike versameling logikaspeletjies byderhand vir ’n vinnige blaaskans waar jy ook al is. Prys: R52