HUISGENOOT WOORDSOEK NO. 10

R65.00

In Stock

Kategorie:

Beskrywing

Hier is iets vir almal! Huisgenoot se tiende Woordsoek-tydskrif is propvol pret vir die hele gesin. In hierdie uitgawe kan jy jou verlustig in interessante plekke soos plaaslike dorpies met oorsese name, Survivor SA-bestemmings, Griekse eilande en fiktiewe eilande én ons bekyk Egipte en Botswana van naderby. Ons word ook geïnspireer deur die natuur met van doringboomsoorte en veldvrugte tot diere van die Kalahari, beeste en tuinrose wat hul naam met bekendes deel. Dis maar net ʼn paar van die opwindende temas waarna jy kan uitsien. Vir die jongklomp is daar soekblokke oor onder meer olifante, dierasies met min en baie pote, die plaas- en stadslewe, waterpret en kuiertyd by Oupa en Ouma. Laat Woordsoek no.10 jou vermaak, jou woordeskat verryk en jou algemene kennis verbreed. Met 118 soekblokke is hier hope heerlike letterpret