HUISGENOOT WOORDSOEK NO. 9

R54.00

SKU: HG-9005 Kategorie:

Beskrywing

Hier wag ure se pret! Huisgenoot se negende Woordsoek-tydskrif bied hope heerlike temas vir die hele gesin. Daar is soekblokke oor soesji, pizza, Formule 1-jaers, TV-temaliedjies, hoe om goed vir jouself en ander te wees, Spaanse woorde in Afrikaans, pragtige name vir aalwyne, bekende beeldhouwerke, vegvliegtuie, opspraakwekkende Oprah-onderhoude, seesoogdiere, haaie en nog baie meer! Die jongspan sal die vrugteskommel- en somspeletjie baie geniet en kan kyk hoeveel van die tekenprentkarakters en kinderstoriespeurders hulle ken. Verder sal hulle meer leer oor die diereryk, hawens, lughawens, bome, dinge wat van hout gemaak word en Suid-Afrika se buurlande. Laat Woordsoek no. 9 jou vermaak, jou woordeskat verryk en jou algemene kennis verbreed. Met 115 soekblokke is hier genoeg wonderlike woordpret vir ʼn lang ruk! Prys: R54