Die 100 Beste Lesersresepte – Sjokolade

R40.00

Beskrywing

Die uitgawe van Huisgenoot-Beste Resepte bevat die 100 beste sjokoladeresepte wat deur ons lesers ingestuur is. Huisgenoot se kosredakteur, Carmen Niehaus, en haar span het elke resep getoets en beproef en die heerlikstes ingesluit by hierdie verruklike boek. Jy hoef maar net na die foto’s te kyk om onmiddellik in die sjokoladehemel te wees: watertandkoeke, verleidelike kolwyntjies en droomterte is maar net ’n paar van die sjokoladeresepte in die versameling. Jy kan ook uitsien na koue en warm poedings, soet happies en sjokoladedrankies – van maklike resepte tot ingewikkeldes, en almal so lekker dat jy nooit die kombuis sal wil verlaat nie.

Resensies

Daar is nog geen resensies.

Wees die eerste gebruiker om “Die 100 Beste Lesersresepte – Sjokolade”

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui