Huisgenoot Beste Resepte – 100 Jaar se gunstelinge

R45.00

Beskrywing

Huisgenoot is vanjaar 100 jaar oud en in die wonderlike publikasie bring ons al die ikoniese Huisgenoot-resepte byeen wat deur die dekades in jou gunsteling-tydskrif verskyn het. Elkeen kry ‘n moderne kinkel sodat dit met gemak op ‘n 2016-kostafel kan pryk. Daar’s poedings, koeke, ligte geregte, slaai, ontbyt en natuurlik alles wat op ‘n Sondag ons tafels laat kreun het. Dalk onthou jy nog van die gewildste resepte, soos  skoonma-se-tong, smelt-in-die-mond-biefstuk en Boelie! Ons kyk ook hoe Afrikaanse kooktradisies deur die jare ontwikkel en verander het, en natuurlik is daar resepte en wenke van die befaamde digter-doktor-lekkerbek C. Louis Leipoldt, wat in die 1940’s kosbydraes in Huisgenoot gelewer het. Dalk kan jy self’s ‘n paar van die ou kookkunsies beproef, soos die 1919-wenk om jou piekels met ‘n klip bo-op te bere!

Reviews

Daar is nog geen resensies.

Wees die eerste om te hersien “Huisgenoot Beste Resepte – 100 Jaar se gunstelinge”

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui