Huisgenoot Die Storie van my lewe

R155.00

Description

As daar nou een ding is wat Huisgenoot goed verstaan, is dit hoe belangrik elke mens se storie is. Jou lewensverhaal is uniek en dis die moeite werd om dit te vertel. Met Die storie van my lewe maak Huisgenoot dit vir jou maklik om jou storie neer te skryf.
Die storie van my lewe is ʼn pragtige hardebandboek wat jou help om oor jou lewe en die mense na aan jou te skryf. Hierdie skrywe is ʼn uitdrukking van wie jy as mens is, maar ook ʼn manier om iets kosbaars vir jou geliefdes en nageslag te skep. Die boek bevat vyf hoofstukke: Waar ek my nou bevind, Familie en herkoms, My jeugjare, My volwasse jare en Onthougoed. Opskriffies aan die begin van elke hoofstuk help jou om jou gedagtes aan die gang te kry en herinneringe kortliks neer te pen. Elke hoofstuk het ook langer skryfplek waar jy ál die belangrike gebeure en oomblikke van jou lewe kan verewig. Jy kan skryf oor jou kinderjare, skooldae, volwasse lewe, verhoudings, lewenslesse, gunstelinge en nog baie meer.
Jy hoef glad nie ’n gesoute skrywer te wees om hierdie projek aan te pak nie. Wat hierdie boek so kosbaar maak, is juis dat jy jou storie op jóú manier vertel en die boek help jou daarmee. Die storie van my lewe is ʼn bêreboek om eendag weer te lees of met jou kinders of kleinkinders te deel. Dis ook die perfekte geskenk vir die mense na aan jou. R155

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Huisgenoot Die Storie van my lewe”