Huisgenoot Het jy geweet? No.2

(1 customer review)

R55.00

Kategorie

Beskrywing

Al ooit gewonder watter dier die vinnigste is, wat in ’n kameel se hobbel is, watter diertjies almal in ’n getypoel woon, hoe groot ’n volstruiseier is of hoe sneeu gevorm word? Die kans is goed dat jou kinders jou al daaroor uitgevra het . . . Die tweede uitgawe van Het Jy Geweet?, Huisgenoot se tydskrif vir kinders wat nuuskierig oor ons wêreld is, is nou te koop. Dit bevat 46 kleurryke illustrasies van allerhande interessanthede soos diere, dinosourusse, hoe dinge werk, hoe produkte gemaak word en nog vele meer. Daar is ook ’n wonderlike afdeling met aanwysings vir hoe om self gemmerbier, kaas, slym en ’n wurmplaas te maak. Jou kinders sal hulle aan elke liewe bladsy in hierdie tydskrif vergaap!

1 Resensie vir Huisgenoot Het jy geweet? No.2

  1. Janetha vd Westhuizen

    Ek wil nie mening lig nie. Mal oor die tydskrif. Wil asb. weet waar kan ek No 1 bestel en wanneer kom No. 3 uit. Ek het reed no 2 gekoop.

Add a review

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui