Huisgenoot Maak Dit Self

R55.00

Kategorieë , ,

Beskrywing

Soek jy iets om die jongspan mee besig te hou tot hulle weer op die skoolbanke mag sit? Huisgenoot se nuwe tydskrif, Maak dit self, is net wat julle nodig het. Dis propvol opwindende, maklike én leersame selfdoenprojekte. Die oulike eksperimente en handwerkitems sal jou kroos ure lank besig hou – en alles word stap vir stap met illustrasies verduidelik. Voorbeelde: Prakseer jou eie musiekinstrumente, bou ‘n elektromagneet, vou voorwerpe uit papier, maak drie soorte slym (ook een wat in die donker gloei!), laat ‘n ballon vanself opblaas en berei jou eie roomys. Met dié tydskrif het jy meer as 50 antwoorde op daardie eeue-oue vraag: “Ma, wat kan ek doen?”

Prys: R55

Resensies

Daar is nog geen resensies.

Wees die eerste gebruiker om “Huisgenoot Maak Dit Self”