Laat die potte prut

R250.00

68 in stock

Beskrywing

Potjiekos is kuierkos – om ‘n buitevuurtjie met ’n glasie wyn in die hand.

Dis waaroor die potjiekos-reeks Laat die potte prut op VIA gaan. En hierdie boek, geskoei op dié trefferprogram, bied die beste resepte uit die eerste drie reeks. Jy kan self kies: eenvoudig of deftig, goedkoop vir die gesin, of afwys vir gaste… dis potjiekos op sy beste, altyd gesellig en watertandlekker. Resepte vir voor- en hoofgeregte, bykosse en nageregte – alles op die vuur, alles in die pot. Geroomde mossels, volstruisnekkerrie, lamskenkel, waterblommetjiebredie… selfs ‘n uithaler sjokolade-toringkoek! Dié boek is beslis ‘n moet vir potjiekos-lekkerbekke.

Resensies

Daar is nog geen resensies.

Wees die eerste gebruiker om “Laat die potte prut”

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui